5 Maklike maniere om jou onderneming van vaal na vars te neem.

Is jy ’n entrepreneur of besit jy jou eie onderneming? Sit jy bloed, sweet en trane in jou onderneming, maar voel nie of jy iets bereik nie? Dalk is hierdie raad net wat jy nodig het. Boonop gaan dit net ’n paar uur neem en is dit baie bekostigbaar. Skep vir jou onderneming ’n Facebook-blad […]
Foto: Unsplash
Foto: Unsplash

Is jy ’n entrepreneur of besit jy jou eie onderneming? Sit jy bloed, sweet en trane in jou onderneming, maar voel nie of jy iets bereik nie? Dalk is hierdie raad net wat jy nodig het. Boonop gaan dit net ’n paar uur neem en is dit baie bekostigbaar.

  1. Skep vir jou onderneming ’n Facebook-blad of webtuiste (Pssst, die internet is jou vriend). As jy op ’n begroting is, kyk na basiese doen-dit-self WordPress opsies soos op www.myguru.co.za, of google dit. Doen navorsing! Baie van hierdie opsies help jou stap vir stap om jou webwerf te bou. Moenie bang wees nie. Bel en vra vir ’n kwotasie.

  2. Vergeet van Yahoo, Gmail of ’n mengsel van die twee en kry jou persoonlike, regte, egte e-posadres. Jy kan ook professioneel lyk. En dit is nie eers duur nie. Sommige e-posse kos slegs R9 per maand, ander is ingesluit by die basiese opsie wanneer jy ’n webwerf by ’n kundige ontwikkel en huur, soos genoem by die eerste punt.
  3. Onthou, hoe jou onderneming lyk is jou grootste advertensie. As jy blomme verkoop, moet die blomme ten minste vars wees. As jy ’n grafiese ontwerper is, ontwerp ’n handelsmerk. Wys jou liefde vir wat jy doen. Belê in ’n goeie kamera. Ns: as jy pas begin het, maak gebruik van gratis, professionele foto’s wat jy van die internet kan aflaai. Loer na unsplash.com, www.picjumbo.com of www.gratisography.com. Moenie dat ’n foto ooit piekselleer nie.
  4. Gepraat van handelsmerke – kry een! Nie ’n prentjie wat jy van die internet afgelaai het met ’n watermerk nie. Of Wordart nie! Laat ontwerp vir jou een by ’n (goeie) grafiese ontwerper. Gebruik daardie handelsmerk, op ALLES. Op jou briefhoof, in jou e-poshandtekening, op jou visitekaartjie, op Facebook as jou profielfoto, op die plakker op jou motor, pamflette of enige promosiemateriaal wat jy gebruik. Die fooi wat jy vir die grafiese ontwerper betaal is moontlik die duurste item op hierdie lysie, maar sien dit as ’n belegging. ’n Nuwe kenteken sal jou sommer nuwe inspirasie gee.
  5. Dink mooi oor die naam van jou onderneming. Dit moet professioneel wees en jou onderneming naastenby beskryf.