Nuwe webwerf vir Afrikaans-Vriendelik

Afrikaans-Vriendelik poog om uitnemende diens te lewer en daarom het ons ‘n vars, nuwe webtuiste op die been gebring wat ag slaan op die behoeftes van die onderneming én verbruiker. In Maart 2016 het die Afrikaans-Vriendelik webwerf die lig gesien. In die afgelope ses maande het meer as 500 besighede reeds geregistreer. Soos die getal […]

Afrikaans-Vriendelik poog om uitnemende diens te lewer en daarom het ons ‘n vars, nuwe webtuiste op die been gebring wat ag slaan op die behoeftes van die onderneming én verbruiker.

In Maart 2016 het die Afrikaans-Vriendelik webwerf die lig gesien. In die afgelope ses maande het meer as 500 besighede reeds geregistreer. Soos die getal besighede gegroei het, so het die vraag na ‘n meer verbruikersvriendelik en interaktiewe webwerf ook gegroei.

Nou kan jy as eienaar van ‘n besigheid jou eie profiel hê waar jy kan inteken en veranderinge maak soos jou besigheid verander en groei.

Behalwe vir hierdie gratis diens, is daar nou ook ‘n blog waar ons wenke gee oor bemarking, kliëntediens en allerlei maniere om jou besigheid uitmuntend te maak.

Moedig gerus jou buurman- of vrou aan om ook hierdie diens te gebruik en sodoende ook Afrikaans te bevorder.